Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 27 OKTOBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat twee radioamateurs se sleutels onlangs stil geraak het. Hulle is:

Willem Louw, ZS6BPD, stil in sy slaap op 10 Oktober in die ouderdom van 83 jaar na lyding aan Alzheimer. Willem laat sy eggenote, Fransie, twee seuns, twee dogters en kleinkinders na.

Mike Case, ZR6MJC van Rooseveldt Park op Maandag 21 Oktober 2013. Hy laat sy vrou Glynn en kinders agter. Hy was een van die Cedarberg Senior Scout Adventure se mees aktiewe lede, was verbonde aan Kaapse Universiteit, en tot verlede jaar by Universiteit van Johannesburg as departementshoof in die departement Elektriese ingenieurswese. As Professor laat hy 'n leemte is vele studente en baie amateurs se harte.

Ons innige meegevoel aan die families en vriende van die afgestorwenes.

(POUSE)

IN DIE NUUS VANDAG:

NUWE FREKWENSIES VIR AMATEUR RADIO TODAY

60 METER AKTIWITEITSNAWEEK

EERSTE EN ENIGSTE 2 METER DXCC IN DIE SUIDELIKE HALFROND

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

NUWE FREKWENSIES VIR AMATEUR RADIO TODAY

Van die frekwensies van Amateur Radio Today verander van vandag af. Op Sondae bly 7 205 kHz onveranderd maar die 17 MHz frekwensie verander na 17 760 kHz. Maandagaande verander die frekwensie vir heruitsending na 4 895 kHz. Vir ander frekwensies en herleidings, besoek gerus www.sarl.org.za en kyk onder Amateur Radio Today in die linkerhandse kolom.

60 METER AKTIWITEITSNAWEEK

Die SARL gaan van 00:01 Saterdagoggend 9 Novenber tot tot 23:59 Sondagaand 10 November 'n aktiwiteitsnaweek op 60 meter aanbied. Die aktiwiteit sal op 5 260 kHz plaasvind. Die doel is om voortplantingstoestande tussen so veel as moontlik stasies en so veel as moontlik gebiede in Suid-Afrika, te bestudeer.

Maak ten minste een kontak in so veel tydgleuwe as moontlik. Die tydgleuwe is: Saterdag en Sondag 00:01 - 06:00, 06:00 - 10:00, 10:00 - 15:00; 15:00 - 18:00 and 18:00 – Middernag. Hou asb. 'n akkurate logstaat by, teken jou eie en die stasie wat gekontak is se ligging aan, sowel as seinverslae.

Bo-aan die logstate, gee besonderhede van jou stasie, antenna en kraguitset aan. Stuur logstate asb. voor Donderdag 14 November aan propresearch@sarl.org.za. Alle logstate sal aan 'n gelukstrekking deelneem waarin baie pryse gewen kan word. Slegs stasies wat geregistreer is vir werking op 60 meter mag deelneem. Doen u deel vir voortplantingsnavorsing. Die inligting word benodig vir 'n voorlegging aan OKOSA vir die verlenging van die 5 MHz lisensie voor die einde van Desember.

HERDENKINGDAGSDIENS Sondag 10 NOVEMBER

Op Sondag 10 November sal die SARL die jaarlikse herdenkingsdagdiens as deel van Amateur Radio Today om ongeveer 10:40 plaaslike tyd uitsaai. Alle radioamateurs word versoek om radiostilte te handhaaf as 'n blyke van respek vir hulle wat hulle lewens verloor het in diens van ons land. Die diens sal in Engels en Afrikaans deur DS. Jan Kramer, ZS6JRK, gelei word.

Klubs wat die diens op hulle herhalers wil heruitsaai, mag 'n oudiolęer van www.sarl.org.za aflaai. 'n verbinding sal op Sondag 10 November geaktiveer word.

HET U NAGELAAT OM SARL-LEDEGELD TE BETAAL? SLEGS NET 'n PAAR DAE OM REG TE STEL

As jy nog nie jou ledegeld betaal het nie, daar is nog n paar dae waarin dit gedoen kan word. Betaal asb voor 31 Oktober om te verhoed dat jou naam van die lidmaatskapregister verwyder word. Sou jy versuim om dit te doen , sal jy toegang tot die slegs-lede gedeelte van die webwerf verloor en sal nie Radio ZS en ander dienste ontvang nie. As jy besonderhede oor hoeveel, en hoe om te betaal benodig, skskel Mariska Maandag by 011 675 2393. Om die SARL met jou lidmaatskap te ondersteun, is om amateurradio te ondersteun. Dit is werd om dit te doen

2014 SE ARRL-HANDBOEK IS HIER

Die spesiale eeufeesuitgawe van die 2014 ARRL handboek is nou in Suid-Afrika beskikbaar. Die opgedateerde uitgawe kom met in goud gedrukte hardeband en herdenk die 100ste bestaansjaar van die Amerikaanse Radioliga. Besoek www.amateurradio.org.za vir bestellingsbesonderhede. Boeke wat môre voor sluitingstyd bestel word, sal op Dinsdag 29 Oktober gepos word. bestellings wat later as Maandag ontvang word sal op 22 November uitgevoer word. die nuwe Hamradio vir Arduino en Picaxe is ook beskikbaar. SARL-lede kwalifiseer vir afslagpryse. Gaan die beslelvorm na vir besonderhede.

EERSTE EN ENIGSTE 2 METER DXCC IN DIE SUIDELIKE HALFROND

Wat nie algemeen bekend is nie, is dat die eerste en enigste 2 meter DXCC wat ooit in die suidelike halfrond uitgereik is, toegeken was aan Bod McQuarrie, ZL3TY, met 102 lande bevestig. Hierdie jaar is sy naam en roepsein ingehuldig in die heldesaal van Nieu Zeeland. Bob se geliefde aktiwiteite sluit in DX-werking op 6 m, 2 m en AMA, veral in die 2 m band. Sy toerusting vir die 2 m bandbestaan uit 4x12 element K1FO Yagis, ‘n TS790A en GU74b versterker. Bob was ook die eerste amateur in Nieu Zeeland wat DXCC verwerf het in gemengde BHF (6 m en 2 m) met gebruik van die jongste digitale tegnologie gekombineer met sy GG-vaardigheid en maankaatsing.

Veels geluk Bob.

LIDMAATSKAPAANSOEKE

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Massimo Maria Rossi, ZS5MAX
Stephen Waries, ZS1BSW.
Stephen Warden, ZU6S
Chene Thresner, ZU6CT
Imiel van Niekerk, ZU6ZD
Louis Schnetler, ZU6LG
Pieter de Weerdt,ZU6PC
Angelo Mendonidis, ZU6M
Alice de Jager, ZU6AC
Cliriska de Jager, ZU6BV
Monja Conradie, ZU6MON
Friedrich Jannasch, ZU4WJ
Previn Govender, ZS1GOV
Nadia Hansa, ZS8A

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

KLUBNUUS

Die Bloemfontein ARK het 'n 88,5 Hz toon op die 145,600 MHz Naval Hill herhaler en die 145,650 MHz Brandkop herhaler geďmplementeer weens deurbraak vanaf 'n kommersiële herhaler. Radioamateurs wat Bloemfontein besoek of verbyry moet hulle tweemeter stelle dienooreenkomstig opdateer.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat hoër sonaktiwiteit verwag kan word. Daar is ook 'n moontlikheid vir 'n paar M-klas fakkels gedurende die week.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 100.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar kan selfs 'n paar vroegaand 6 m openinge wees.

Besoek gerus die nuwe webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
31 Oktober – Logstate vir Antieke Radiovereniging se buis QSO-party moet ingestuur wees.
02 November - RaDAR kompetisie 14:00 – 18:00 UTC.
09/10 November – 60 m Aktiwiteitsnaweek.
14 November – Laaste dag vir instuur van logstate vir die 60 m aktiwiteitsnaweek.
30 November - Hlansering van Klerksdorp lughawe tussen 06:00 en 08:00.
30 November - SARL@Home by die Nasionale Amateurradiosentrum.
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo, besonderhede verkrygbaar by www.amateurradio.org.za.
28 Februarie 2014 – Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003